Olivier, Bekker gee pas aan by Mediclinic-uitnodigingstoernooi

Gholf: Willie Olivier en Oliver Bekker loop gesamentlik met een hou voor na die openingsronde van die Mediclinic-uitnodigingstoernooi by die Maccauvlei-gholfklub in Vereeniging, Gauteng. Die twee het weggespring met rondes van sewe onder baansyfer 65. Die 25-jarige Olivier, wat sy stempel in die Sonskyntoer wil afdruk, was tevrede met sy eerste ronde.