Olimpiese vlam in Griekeland aangesteek

Die Olimpiese vlam word vandag in Griekeland aangesteek waarna dit na Frankryk geneem sal word vir vanjaar se Spele in Parys. Die vlam word in Olimpia aangesteek waar die antieke Spele ontstaan het. Dit sal volgende Vrydag aan die organiseerders van die Spele oorhandig word in Athene, waar die eerste moderne Olimpiese Spele in 1896 gehou is. Van daar sal dit met ‘n 19de-eeuse vaartuig na Frankryk geneem word.