Olimpiese Spele: Medalje-seremonie steeds uitgestel oor positiewe toets vir opkikker

Olimpiese Spele: Die medalje-seremonie vir die sierskaats-span-item by die Winterspele in Beijing het nog nie plaasgevind nie, hangende ‘n ondersoek na een van die atlete wat glo positief getoets het vir ‘n verbode middel. Rusland het die item Maandag gewen en onbevestigde berigte uit dié land sê die atleet is die 15-jarige Kamila Valieva. Die Internasionale Olimpiese Komitee swyg oor die aangeleentheid en die Russiese Sierskaatsfederasie ontken Valieva se skorsing.