Olimpiese nuweling ‘wil stempel afdruk’July 24, 2024
Olimpiese Spele: Die voormalige junior wêreldkampioen en Afrika-kampioen, Zenéy Geldenhuys, het die afgelope paar jaar haar plek bevestig as Suid-Afrika se voorste 400-meter-hekkiesatleet. Die 24-jarige Geldenhuys maak haar Olimpiese debuut na kwalifisering met ‘n tyd van 54,72-sekondes. Sy het ‘n bronsmedalje gewen op die Statebondspele in Birmingham en sê sy wil in Parys haar stempel afdruk.