Oligarg se seiljag sal in Kaapstad meer

Die ANC-regering sal die Russiese oligarg, Alexei Mordashov, se superseiljag van 141-meter, Nord, in Kaapstad toelaat ondanks oproepe van die stad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, om dit toegang te weier. Daar word berig die vaartuig is op pad vanaf Hongkong. Die Presidensie se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Suid-Afrika se verpligtinge hou net verband met sanksies wat deur die Verenigde Nasies aanvaar is, en nie dié van die Europese Unie en die VSA nie. Magwenya sê munisipale regerings het ook geen wettige beheer oor die land se grense nie.