EPA onder die loep in Windhoek, rolspelers welkom

Die EU in Namibië sal saam met die handelsministerie ‘n forum oor die Ekonomiese Vennotskaps-ooreenkoms, bekend as EPA, op 31 Oktober aanbied. Die doel is om handel onder EPA te diversifiseer en volumes te verhoog. Die forum sal Namibiese en Europese maatskappye bymekaar bring om nuwe markte en samwerking te ontwikkel. Die EU in Namibië se kommunikasiebeampte, Twaku Kayofa, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.