Olifantkoei kry uiteindlik verligting van jarelange tandpyn

Madhubala, ‘n 16-jarige Afrika-olifant in Pakistan wat reeds jare lank ly aan ‘n tand-infeksie en pyn wat deur ‘n gebreekte slagtand veroorsaak is, het uiteindelik verligting gekry nadat sy behandeling ondergaan het terwyl sy onder unieke staande sedering was. Madhubala is een van vier Afrika-olifante wat in Karachi behandel word deur ‘n span van agt lede van die wêreldwye dierewelsynsgroep Four Paws. Madhubala, wat na ‘n legendariese Indiese aktrise vernoem is, is oë is toegemaak en haar bene aan stutte vasgemaak om haar te ondersteun tydens die prosedure. En siedaar, na jare se tandpyn, verligting!