Olifante vrek van onwatering

Die Nasionale Parke van Zimbabwe het bekendgemaak vyf reuse-olifante het in die Hwange Nasionale Park gevrek weens ‘n gebrek aan water. Zimparks se woordvoerder, Tinashe Farawo, sê voorlopige ondersoeke dui op ontwatering as ‘n sleutelfaktor. Die gevolge van die El Niño-weerpatroon en ‘n langdurige gebrek aan reën dwing olifante om na Botswana te migreer. Farawo sê die waterkrisis het sy tol geëis op jong en bejaarde olifante wat nie sterk genoeg is om die uitdagings van migrasie te hanteer ​​nie en weens ontwatering en honger omkom.