Eskom sny krag af weens onwettige verbindings

Eskom in Gauteng het bevestig die kragnetwerk is in dele van Dobsonville afgesny omdat lae aankope in die gebied lei tot groot verliese aan inkomste en energie. Die kragvoorsiener se provinsiale woordvoerder, Amanda Qithi, sê hierdie proses is ingestel om te keer dat toerusting breek en inkomste verloor word in areas waar daar gevaar is dat elektriese infrastruktuur ontplof of buite werking raak. Sy sê dis weens onwettige aktiwiteite soos ʼn gepeuter of omleiding van meters en onwettige verbindings.