Olifante saai amok in Kameroen

Natuurbewaarders in die noorde van Kameroen het bevestig ‘n man en ‘n kind is dood toe ‘n trop van 30 olifante amok in nedersettings gesaai het. ‘n Bosbou- en natuurbewaardereJean Nyemeg, sê die verlies aan habitat weens plantasies en droogtes veroorsaak dat die diere soms na menslike nedersettings dwaal. Nyemeg sê veldwagters probeer om die olifante na ‘n nasionale park sowat 120 kilometer van Maroua af te herlei. Kameroen is bekend vir die grootste olifant-bevolking in Afrika.