Olifante pas goed aan op Marula Game Ranch

Die plaasbestuurder van Marula Game Ranch naby Dordabis, Johan Kotze, sê dit gaan baie goed met die trop van 13 olifante wat ‘n maand en ‘n half gelede vanaf die die Erindi-wildreservaat naby Omaruru verskuif is. Marula Game Ranch behoort aan die Russiese oliegarg, Rashid Sardarov. Kotzé sê die grootvoete is gesond, het die plaas hul eie gemaak en toeriste het al na die olifante kom kyk. Kotzé gesels met Kosmos 94.1 Nuus.