Olifante by Knysna wag reeds sewe jaar op geregtigheid

Die Nasionale Raad vir Dierebeskermingsverenigings in die buurland sê die olifante in gevangenskap in die Suid-Kaap wag reeds sewe jaar op geregtigheid en moet nou nog ‘n maand langer wag. ‘n Inspekteur, Doug Wolhuter, sê die saak teen Elephants of Eden en die Knysna-olifantpark sou vandag in die hof aangehoor word, maar is tot 25 November uitgestel. Die nasionale DBV is in 2014 ingelig oor die gewelddadige en wrede metodes wat in jong olifante se opleiding by die fasiliteite gebruik word.