Olifant-ma wat haar dooie kleintjie saamdra lok wyd reaksie uit

‘n Plasing op sosiale media van Twyfelfontein Country Lodge wys hoe ‘n olifantkoei haar kalfie, wat kort na geboorte dood is, saam met haar dra. Volgens Rachel Harris, die besturende direkteur by Elephant Human Relations Aid, is olifante in staat tot gevoelens wat presies soos dié van mense is. Harris sê ook ‘n span is reeds na die gebied ontplooi.