Oliepryse styg soos konflik in Gaza dreig om uit te brei

Oliepryse neig hoër nadat die besoek van Amerikaanse president Joe Biden na die Midde-Ooste bevestig is. Na ‘n daling van meer as ‘n Amerikaanse dollar Maandag, het Brent vanoggend op meer as 91 Amerikaanse dollar per vat gestyg. Biden se besoek aan Israel sal poog om ‘n balans te vind tussen steun vir Israel se oorlog teen Hamas en ‘n poging om Arabiese state byeen te bring om ‘n streekskonflik te help voorkom – ‘n amper onbegonne taak na die aanval op die hospitaal in Gaza. Opul-lid Iran het reeds “voorkomende optrede” belowe deur sy “weerstandfront” van bondgenote, wat die Hezbollah-beweging in Libanon insluit.