Oliepryse herstel effe, maar is steeds laer

Oliepryse het deur die nag gestyg vanaf ‘n laagtepunt van 105 Amerikaanse dollar ‘n vat wat teen Dinsdagmiddag ongeveer drie-uur aangeteken is en verhandel tans rondom 109 dollar ‘n vat. Dit volg na vordering in vredesonderhandelinge tussen Rusland en die Oekraïne maar, daar is steeds kommer oor lae voorraad in die mark. Opul en sy vennote vergader môre weer om produksie vir April te bespreek. Tot dusver het die groep maandeliks net 400 000 vate bygevoeg aan daaglikse produksie. Volgens berigte het Amerikaanse owerhede reeds met Saoedi-Arabië vergader en gevra dat produksie opgestoot word.