Britse verbod op invoere van jagtrofeë vertraag

Brittanje wil hul verbod op trofeejag-invoere versnel. Die Britse omgewingsekretaris, George Eustice, het aan dierewelsynsorganisasies gesê die Britse regering is daartoe verbind om die wetsontwerp op die verbod om dele van bedreigde diere wat in die buiteland geskiet word, in te voer, spoedig deur te voer. Die wetsontwerp is vertraag en is nie in die huidige parlementsessie goedgekeur nie. Eustice sê die wetsontwerp is ‘n prioriteit in die volgende parlementêre sessie in die Britse lente. Jofie Lamprecht, stigter van Jagkonsessie-vereniging van Namibië gee sy reaksie in die verband.