Olie-winste: Biden dreig met belasting

Die Amerikaanse President Joe Biden het ‘n waarskuwing aan oliemaatskappye in die VSA gerig. Dit kom na rekordwinste aangekondig is. Exxon Mobil het 20 miljard Amerikaanse dollar vir die derde kwartaal aangekondig met Shell wat 9,5 miljard dollar se wins bevestig het en TotalEnergies wat 6,6 miljard verdien het. Biden sê die maatskappye moet belê in ontginning om verbruikers ‘n blaaskans te gee eerder as om hulle aandeelhouers uit te betaal. Hy sê ook indien hulle dit  nie doen nie, sal hy belasting hef omdat miljoene dollar aan aandeelhouers niks vir Amerikaanse families beteken nie.