Olie val terug, vrese oor resessie dryf prys af

Die prys van Brent ru-olie het met amper drie dollar per vat gedaal ná ‘n sterk oplewing in die vorige handelsessie. Kommer kommer oor wêreldwye ekonomiese groei blyk om swaarder op die prys te weeg as Saoedi-Arabië se voorneme om sy produksie met ‘n miljoen vate ‘n dag te sny. Die kommoditeit het nou met net 1 persent in die afgelope week gestyg en verhandel tans teen 75 Amerikaanse dollar ‘n vat teenoor 78 dollar laat Maandagmiddag. Kommer oor ‘n resessie en daling in vraag oorheers markte, veral met die jongste groeisyfers vanuit die VSA wat traag voorkom. Dit is ook nie bekend wat daardie land se reserwebank met die rentekoers die maand sal doen nie.