Mislukking in behuising is aspris – AR

Die Affirmative Repositioning-beweging sê die Namibiese regering het aspris die behuisingsprogram gesaboteer om te verhoed dat die beweging suksesvol voorkom. Die kommentaar kom op die hakke van berigte dat die Namibiese regering vanaf 1 Maart 2021 tot 31 Desember 2022 ‘n skamele 2 025 huise, uit ‘n teiken van amper 10 000, gebou het. Daar is ‘n agterstand van 300 000 huise in die land. In 2015 het die beweging se leier Job Amupanda ‘n ooreenkoms met President Hage Geingob beklink om 200 000 huise te bou of erwe te diens, wat ook volgens die jongste syfers, blyk om deur die mat te geval het. Kosmos 94.1 Nuus het met George Kambala van die beweging gesels en hy meen die mislukking is aspris.