Olie styg weer, nes brandstofprys

Oliepryse het met 2 persent gestyg en het die week afgesluit op net onder 113 Amerikaanse dollar per vat. Die mark het gereageer op onderbrekings in toevoer in Libië en ‘n stilstand in Noorweë met ‘n beplande staking. Pryse het Vrydag gestyg ten spyte van die vrystelling van bedryfsdata wat toon dat Amerikaanse vervaardigingsaktiwiteit verlede maand meer gedaal het as wat verwag is, wat bydra tot bewyse dat die VSA se ekonomiese aktiwiteite daal namate die Federale Reserweraad monetêre beleid verskerp. Intussen sal Namibiërs vanaf 6 Julie 22 dollar 28 sent vir ‘n liter petrol betaal en 22 dollar 77 sent vir ‘n liter diesel – en dit op Walvisbaai. Die prys styg verder  in die binneland.