Olie styg skerp na Putin streke in Oekraïne erken

Die Brent ru-olieprys het met 2 Amerikaanse dollar per vat gestyg nadat die Russiese President Vladimir Putin aangekondig het dat hy die twee wegbreekstreke Donetsk en Luhansk erken. Die komoditeit verhandel op die oomblik bo 95 Amerikaanse dollar per vat. Putin het ook troepe na die twee streke ontplooi. Wêreldleiers het die erkenning veroordeel. Amerika se President Joe Biden het ‘n uitvoerende bevel onderteken wat Amerikaners verbied om nuwe beleggings te maak, handel te dryf en finansiering te doen in die wegbreekstreke in die Oekraïne. Die Britse eerste minister, Boris Johnson, beskryf Putin se optrede as ‘n verregaande skending van Oekraïne se soewereiniteit en integriteit: