Olie skiet weer op na Biden-verbod

Die Brent ru-olieprys verhandel vanoggend net bo 130 Amerikaanse dollar ‘n vat na President Joe Biden ‘n verbod op sy land se invoere van enige Russiese olie aangekondig het.

enners meen Biden was baie spesifiek in sy stap om die verbod, en nie sanksies in te stel nie. Dit beteken dat Russiese olie steeds op wêreldmarkte verhandel kan word maar, dat die VSA dit nie sal aankoop nie. Die VSA voer ongeveer 8 persent van sy olie vanaf Rusland in. Daar word verwag dat die verbod deur China geabsorbeer sal word.