Vragfiets vir jou dalk?

Stad Windhoek en sy vennote wil die hoofstad in ‘n slimstad verander. Een van die vennote van Stad Windhoek is Stad Bremen en die Duitse samewerkingsorganisasie, GIZ, wat besig is om ‘n vragfietsbesigheid in Windhoek te implementeer. ‘n Beroep word op Windhoekers gedoen om deel te neem aan die vragfietsbesigheids-kompetisie. Die kompetisie sluit op 18 Maart. Verusckha Araes, die GIZ se adviseur vir vervoer, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus hoe die kompetisie werk.