Olie skiet verder die hoogte in

Die olieprys het sy oplewing verleng, met Brent wat bo 118 Amerikaanse dollar per vat gestyg het. Dit word volgens kenners aangedryf deur handelsontwrigting en verskepingskwessies weens sanksies teen Rusland oor die Oekraïne-krisis. Intussen het Amerikaanse voorrade tot ‘n laagtepunt gedaal. Die hoof oorsaak van die styging is die Amerikaanse sanksies teen Rusland se olie raffinering sektor wat kommer laat ontstaan het dat Russiese olie- en gasuitvoere volgende geteiken kan word. Tot dusver het Washington nie Rusland se olie- en gasuitvoere geteiken nie. Rusland is die wêreld se nommer drie olieprodusent en die grootste uitvoerder van olie na wêreldmarkte, volgens die Internasionale Energie-agentskap. Russiese ru- en olieprodukte-uitvoer het in Desember 7,8 miljoen vate per dag bereik. En intussen het Opul en sy vennote besluit om die verhoging in produksie met 400 000 vate per dag in Maart te handhaaf ondanks die prysstyging.