Olie sal tot die voordeel van Namibiërs benut word
Die ministers van Suid-Afrika en Namibië kom vandag byeen om samewerking op verskeie vlakke insluitend ekonomies, maatskaplik, verdediging en sekuriteit, te versterk. Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Netumbo Nandi Ndaitwah het die afgevaardigdes toegespreek oor die onlangse olie-ontdekking wat sy meen tot die voordeel van Namibiërs gebruik sal word.
Haar Suid-Afrikaanse eweknie Naledi Pandor het die belangrikheid van samewerking tussen die twee lande beklemtoon.