Olie sak terug, VSA sal reserwes vrystel, Opul vergader

Namibiese verbruikers wag in spanning vir vandag se aankondiging van die plaaslike brandstofprys wat nou om half-tien vanoggend sal plaasvind. Intussen het oliepryse vanoggend met meer as 5 Amerikaanse dollar per vat gedaal nadat die VSA aangekondig het dat hy 180 miljoen vate ru-olie uit sy strategiese petroleumreserwe oor ‘n paar maande sal vrystel. Daar word verwag dat President Joe Biden vandag meer inligting in die verband bekend sal maak. Opul en sy vennote, wat Rusland insluit, vergader ook vandag maar daar word verwag dat die vennootskap sal bly by sy voornemens om net 400 000 vate ekstra daagliks by te voeg tydens April. Die Internasionale Energie-agentskap het ook ‘n noodministeriële vergadering vir Vrydag belê om olievoorsiening te bespreek. Brent verhandel rondom 108 dollar ‘n vat op die oomblik.