Olie-ontginning kan biodiversiteit, toerisme raak

Namibië is besig met aansienlike inisiatiewe met koolwaterstofeksplorasie en uitbreiding van sy hawens, met die fokus op die versnelling van ekonomiese groei. Die Africa Report maan egter die projekte hou ‘n risiko vir toerisme en biodiversiteit in. Die land maak baie staat op toerisme, wat die tweede belangrikste bydraer tot die land se bruto binnelandse produk is, na mynbou van seldsame metale. Die woordvoerder van die omgewingsministerie, Romeo Muyunda, sê Namibië het wette daargestel om die omgewing te beskerm: