Olie-ontdekking kan wel iets vir Jan Alleman beteken

‘n Bekende beleggingsekonoom reageer op TotalEnergies se Venus-1-ontdekking aflandig in die suide van Namibië van minstens drie miljard vate herwinbare olie. Dit is Afrika suid van die Sahara se grootste olievonds ooit. Venus se bronne is volgens die verslag van so aard dat ongeveer 250 000 vate olie daagliks geproduseer kan word deur middel van drywende produksie-, bergings- en aflaai-vaartuie. Dawie Klopper ‘n ekonoom in die buurland het sy reaksie so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.