Olie-kenner sê dis tyd vir hernubare-energie

Die bekende beleggingsekonoom Dawie Klopper stem saam met voorspellings dat tot 30 miljoen ekstra vat ru-olie daagliks volgende jaar benodig sal word om aan die vraag te voldoen. Maar, met minder beleggings in die industrie en Opul-lande wat nie seker is of hulle aan vraag kan voldoen nie, met sanksies teen Rusland, meen Klopper dat dit tyd is om hernubare bronne te bou. Hy voeg by die wêreld se afhanklikheid op Opul-lande moet end kry.