Olie is bestendig… alle oë op Oos-Europa

Oliepryse is tans bestendig nadat hulle hul hoogste punt in meer as sewe jaar bereik het as gevolg van vrese dat ‘n moontlike inval in die Oekraïne deur Rusland, Amerikaanse en Europese sanksies kan veroorsaak wat uitvoere van een van die wêreld se voorste olieprodusente sal ontwrig. Brent ru-olie het teen voreër vanoggend met 12 sent, gedaal na 94 Amerikaanse dollar en 32 sent per vat, nadat dit vroeër ‘n hoogtepunt van 96 dollar, 16 sent bereik het – die hoogste sedert Oktober 2014.