Olie in 2024: Vraag sal daal maar aanbod sal styg

Die Internasionale Energieagentskap voorspel ‘n verdere verlangsaming van vraag na olie vanjaar na 1,2 miljoen vate daagliks, dit terwyl die aanbod rondom 1,5 miljoen vate daagliks sal wees. Dit word toegeskryf aan makro-ekonomiese uitdagings, strenger doeltreffendheidstandaarde en die toenemende teenwoordigheid van elektriese voertuie. Die bekende beleggingsekonoom Dawie Klopper sê hierdie neigings sal tot die verbruiker se voordeel wees. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.