Olie-eksplorasie sal in Afrika voortgaan, ongeag klimaatsverandering

Internasionale kenners meen dat Westerse eksplorasie maatskappye nie meer olie- en gasbronne in Afrika moet ontgin nie en verder, dat hulle versigtig moet wees oor regerings in die land wat beleid kan aanpas namate klimaatsverandering ‘n groter uitdaging word. ‘n Suid-Afrikaanse energiekenner Chris Yelland sê dat regerings moontlik die skuif kan maak na groener energiebronne maar dat eksplorasie steeds sal voortgaan.