Olie daal, SA-verbruikers sal petrolprys verligting hê… wat van ons?

Suid-Afrikaanse motoriste kan in April ‘n mate van petrolprys-verligting sien namate wêreldwye oliepryse daal. Die jongste brandstof-data dui op ‘n kleiner styging in April se petrolprys van ongeveer 8 sent per liter. Dit is baie laer as aan die begin van die maand toe ‘n verhoging van 56 sent per liter in die vooruitsig was. Dieselpryse is steeds op koers vir ‘n daling, met die data wat dui op ‘n verlaging van 43 sent per liter in April. Dit word toegeskryf aan swakker internasionale oliepryse, al het die rand verswak teenoor die Amerikaanse dollar. Kosmos 94.1 Nuus het met Gabriel Erastus, ‘n plaaslike ekonoom, gepraat oor hoe brandstofpryse vir Namibië kan lyk.