Olie daal op resessie-vrese

Die prys van Brent ru-olie het merkwaardig vanaf gisteroggend gedaal. Die kommoditeit het net onder 114 dollar Amerikaanse dollar verhandel en is tans rondom net minder as 103 Amerikaanse dollar. Daar was kommer oor die staking in Noorweë se aflandige oliebedryf maar, dit is afgeweer. Volgens die bekend beleggingsekonoom Dawie Klopper dwing vrese van ‘n resessie die prys af. Hy verduidelik.