Olie daal maar dollar styg skerp, amper by R18

Die prys van Brent ru-olie het tot op sy laagste vlak in agt maande gedaal en verhandel op die oomblik rondom 86 Amerikaanse dollar ‘n vat. Intussen het die Amerikaanse dollar versterk tot sy hoogste vlak in 20 jaar en op die oomblik verhandel die rand teen amper 18 teen die Amerikaanse geldeenheid. Daar is vrese oor ‘n wêreldwye resessie en die Amerikaanse bank Goldman Sachs het aangekondig dat dit onvermydelik is vir 2023. Markte in die VSA het na die aankondiging getuimel. Ekonome het vroeër aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die dalende olieprys moontlik geen verligting vir Namibiese brandstof-verbruikers sal inhou nie, eenvoudig omdat die Amerikaanse dollar, waarin olie aangekoop word, so uiters sterk is op die oomblik.