Nog oproepe dat De Ruyter moet waai

Die Soweto-kragkrisiskomitee het sy stem bygevoeg by oproepe vir die verwydering van Eskom se uitvoerende hoof, André de Ruyter. Die komitee is van mening hy is nie in staat om die land se kragkrisis te hanteer nie. Die woordvoerder, Trevor Ngwane, sê die land se kragvoorsienings-uitdagings kan opgelos word deur korrupsie binne Eskom uit te roei. Ngwane vra ook vir die afdanking van die minister van Minerale Bronne en Energie, Gwede Mantashe:

Andre de Ruyter het in Januarie 2020 as uitvoerende hoof van Eskom begin. Beurtkrag duur sedert 2007 in Suid-Afrika.