Olie daal baie mooi, maar sal dit so bly?

Olie het vanoggend nog verder gedaal en het vroeër rondom 77 Amerikaanse dollar ‘n vat. Dit word aangedryf deur kommer oor ‘n wêreldwyde resessie en die vrese dat ‘n Westerse beperking op Russiese oliepryse die aanbod aansienlik sal beperk, wat nie verwesenlik het nie. Dit is net die tweede keer vanjaar wat Brent onder 80 dollar gedaal het na rekordhoogtes van 147 dollar ‘n vat in Maart bereik is. Die vraag is, met veral kwessies soos China wat sy nul-Covid-beleid verslap, sal dit so bly? Cirrus-ekonoom, Robert McGregor, het sy mening so verwoord…