Old Mutual skik met Mededingingskommissie

Old Mutual se korttermyn versekeringsmaatskappy het skikkingsooreenkomste met die Namibiese Mededingingskommissie aangegaan om litigasie te besleg ten opsigte van twee hoërhof-eise wat deur die kommissie teen Old Mutual ingestel is. Old Mutual sê hy het alle regsprosedures soos uiteengesit in die Mededingingswet gevolg en het ten volle met die kommissie saamgewerk tydens sy ondersoeke. Met behoorlike oorweging van die moontlike uitkomste in hierdie sake, glo die maatskappy dat die afhandeling van die sake buite hofverrigtinge in die beste belang van alle belanghebbendes is. Die maatskappy sê hy bly daartoe verbind om goeie bestuur toe te pas sowel om sy prosesse versterk.