Old Mutual help Namibiërs met gestremdhede

Persone met gestremdhede maak 4,7 persent van die Namibiese bevolking uit. Sedert Old Mutual ‘n borg van die Nasionale Gestremdheidsraad van Namibië in 2017 geword het, het Old Mutual 450 000 Namibiese dollar in opleidingsprogramme in Katima Mulilo, Nkurenkuru en Outapi bestee. Mauriza Fredericks, Old Mutual se bestuurder vir kommunikasie en maatskaplike verantwoordelikheid, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.