Okonjima sê weer jammer

Okonjima Privaat Reservaat het weer ‘n verklaring uitgereik, die keer om om verskoning vir die ministerie van die omgewing te vra. Dit volg na ‘n verklaring deur die ministerie oor die fondsinsameling-video vir die organisasie se wit renosters. Die woordvoerder, Romeo Muyunda, het gesê Okonjima gebruik emosionele afpersing en is oneties. Hy sê die video skep ook die indruk dat Namibië se trofeejagbedryf nie volhoubaar is nie. Hy het bygevoeg dat dat die ministerie nie gekant is teen veldtogte om geld vir bewaring in te samel nie, maar dit moet eties volgens die land se wette en beleide gedoen word. Okonjima het weer beklemtoon dat hy etiese jag ondersteun en sê daar was geen bybedoeling met die video, behalwe fondsinsameling nie.