Okh-inwoners sê hulle sal by Staatshuis betoog

Die vasberade inwoners van Okahandja informele nedersettings wat beplan het om ‘n vreedsame betoging by Staatshuis te hou in ‘n poging om aandag by President Hage Geingob te kry, het reaksie van die kantoor van die Presidensie ontvang. Dit word in die brief vermeld dat Geingob kennis geneem het van die kommer oor die gebrek aan grond en die hul beplande betoging. In hierdie verband het die President hulle verwys na die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Erastus Uutoni. Die groep is egter vasbeslote om by Staatshuis te betoog, soos groepleier Sydney Gariseb verduidelik.