Okh-inwoners ruk weer op volgende week

Dit blyk dat uitdagings wat Namibiërs in die gesig staar nie binnekort iets van die verlede sal wees nie. Protes-optogte blyk die manier te wees om Namibiërs se ontevredenheid te wys. Kort ná die inhegtenisneming van drie jong aktiviste wat vir jeugwerkloosheid betoog het, belowe die gemeenskap van Okahandja om nie op te gee in hul stryd om grond nie. Inwoners van informele nedersettings van dié dorp sê hulle wil antwoorde hê voor die algemene verkiesing in 2024. Aktivis Sydney Gariseb sê hulle sal op Maandag 27 Maart weer betoog. Hy nooi inwoners uit om by die betoging aan te sluit.