Okh-egpaar verskyn vandag na dood van hul baba

‘n Namibiese ouerpaar sal vandag in die landdroshof op Okahandja in verband met die onnatuurlike dood van hul babadogter van twee maande verskyn. Volgens die Namibiese polisie het die 31-jarige ma en die 32-jarige pa tydens ‘n rusie die baba gegryp en elkeen het aan ‘n kant van haar getrek. Ná die rusie het hulle gaan slaap en toe die ma die baba later wou borsvoed, het sy ontdek dat die baba nie asemhaal nie. Die ouers is in hegtenis geneem nadat waargeneem is dat die babameisie sigbare kneusplekke aan haar liggaam het. Die polisie-ondersoek duur voort.