Okh-dorpsraad se skorsing bly in plek, bevind regter

Regter Kobus Miller het die aansoek deur die voormalige burgemeester van Okahandja, Johannes Hindjou, om die skorsing van die dorpsraad tersyde te stel, van die hand gewys. Hindjou het die aansoek gebring nadat die minister van stedelike ontwikkeling, Peya Mushelenga in Maart verlede jaar die raad geskors het as gevolg van wanbestuur en klagtes van verskeie ongerymdhede. Linus Garoëb is deur Mushelenga as beskermheer van die dorpsraad se bedrywighede aangestel. Miller het Hindjou ook beveel om die regskostes van die respondente te betaal. ‘n Nuwe raad is in November verlede jaar verkies en Swapo het nie die meerderheid behaal nie.