Okh-dorpsraad is sat vir grond-aktiviste

Die Okahandja-dorpsraad is sat vir die grondaktiviste wat gereeld amok maak en opruk hoofstad toe. Vincent Kariseb, voorsitter van die bestuurskomitee sê hulle het talle male uitgereik na die aktiviste sonder enige antwoord en hulle was ook nie beskikbaar toe die lynminister, Erastus Uutoni met hulle wou gesels nie.