Okavango, Zambezi styg, Kunene daal effe

Die Namibiese Hidrologiese Diens sê die riviere in die noordoostelike dele van die land se vlakke styg steeds. Die Zambezi-rivier is tans op 2,77 meter en is hoër vergeleke met verlede jaar terwyl die Okavango-rivier se vlakke ook vinnig styg. Die diens sê daar was ‘n styging van 25 sentimeter met die riviervlak tans op 5,55 meter, ook hoër as verlede jaar. Voorspellings toon dat daar tot 23 Februarie baie goeie neerslae in die opvangsgebied van die riviere sal voorkom. Verder Wes, vloei die Kunenerivier teen 232,8 kubieke meter per sekonde by die Ruacana-hidroëlektriese aanleg.