Okalongo staan nou bekend as die Onandjamba-nedersetting

Die Namibiese kabinet het die langverwagte proklamasie van Okalongo in die Omusati-streek as ‘n plaaslike owerheid goedgekeur wat as die Onandjamba-nedersetting bekend sal staan. Dit is deur eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila op Okalongo aangekondig. Sy sê toepaslike ingryping sal vanaf volgende jaar deur die onderskeie regeringskantore onderneem word om te verseker dat in die volgende verkiesing vir streekrade en plaaslike owerhede, die inwoners van die Okalongo-nedersetting hul verteenwoordigers tot die nedersettingsraad van Onandjamba kan verkies.