Okahandja sit alweer sonder water

Okahandja-inwoners ervaar die afgelope drie dae ernstige waterprobleme. Skole, hospitale en ouetehuise was almal sonder water. Die probleme word toegeskryf aan Namwater wat ‘n pypleiding gebou het om die reservoirs wat normaalweg die dorp voed, te omseil. Die huidige wateronderbrekings is te wyte aan verskeie pype wat dwarsdeur die dorp gebars het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Charl Coetzee van die Okahandja Belastingbetalersvereniging, Orpa, wat meer inligting gee.

Die munisipaliteit is besig om water-vragmotors van die weermag sowel as Namwater te reël, om Veddersdal en lae-inkomste huise van water te voorsien.