Okahandja Community Covid Support Group skenk suurstofmasjiene

Die Okahandja Community Covid Support Group is ‘n groep toegewyde inwoners wat die gemeenskap in die Covid-pandemie bystaan. Die groep het 25 suurstofmasjiene beskikbaar gestel en ry dit aan na hospitale, private praktyke en individue. ‘n Lid van die ondersteuningsgroep, Hardus Maritz, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê daar is ‘n gewldige suurstofnood op Okahandja. Maritz sê inwoners wat hulp nodig, kan hulle gerus kontak.