Ohlthaver & List stel aanlyn inkopie-platform bekend

Die Ohlthaver & List Groep het ‘n aanlyn inkopie-platform, DotDune, bekendgestel. Die portaal gee plaaslike besighede en klante die geleentheid om aanlyn inkopies by dotdune.na te doen. Plaaslike besighede en handelsmerke kry nou die geleentheid om hul produkte aanlyn te verkoop en produkte sal by gebruikers se voordeur afgelewer word. Roux-ché Locke O&L se korporatiewe kommunikasie bestuurder vertel opgewonde aan Kosmos 94.1 Nuus oor hierdie nuwe, innoverende skepping.